Heel Te MAL…te dankbaar vir goeie lirieke…

26 Oct

Sune...Professional Music Listner

Na ‘n lekker strickly PG13 aandjie uit, kom ek
en my huister tuis. Nog nie helemal moeg genoeg vir inkeer nie, besluit ons om ‘n hublytjie te geniet…met die klanke van MK, wat in die agtergrond blêr.

Na ‘n halfuur of wat, se diep en  insigegewende gesprekke…besluit my huister…te veel opwinding vir een aand…dis tyd om in te keer. Ek bly
nog ‘n paar minute agter en geniet die nuwe musiek videos wat Kraakvars op MK bekendstel.

So spring ‘n video, waarna ek …Heel te Mal…teveel na uitgesien het, op die kassie uit. Ek forseer my vaak ogies oop, en maak gereed om die nuwe Heuwel Fantasties, video; Heel te Mal; in te neem (‘n natuurlike reaksie aangesien ek n reuse ondersteuner van hulle musiek is).                                        
Die video deel hulle ervaring in New Zeeland, as die Bokke se amptelike
kuns ambassadeurs mee.                                                                                                                  Skielik is ek wawyd wakker, en kyk ek  grootoog na die”homemade video effek”…wat hulle toer in NZ uitbeeld.

Soos n opgewonde kiddie, wat nou net die grootse nickerball…IN DIE WERELD gewaar het…staar ek na die blerende kassie! Dis nie die beelde van gemaklike
menswees…of die sights…of die normaliteit van ‘n opgewonde groep vriende, in ‘n
vreemde land, wat my aangryp nie. Dis die lirieke …die woorde agter die
video…wat my betrap…en vasvang.
Dis asof die natuurlike beelde my fokus opnuut op die woorde van daardie spesifieke
liedjie plaas.

Ek het nog altyd gebrag…dat die musikale gebreklike muso binne my, die fokus altyd EERSTE op die woorde en betekenis agter lirieke plaas…sien, wanneer dit by musiek kom, is ek relatief emosioneel ingestel.                                                                                                    Iets kan nie vir my van waarde wees…as daar nie n duidelike boodskap…of ervaring oorkom nie…dis juis een van die groot redes hoekom ek so n
reuse ondersteuner van groepe en muso’s; wat hulle EIE oorspronklike
material skryf; is.
Gisteraand…was dit asof ek vir die eerste keer werklik geluister het na wat
hierdie dinamiese groep besig was om te sê, in daardie spesifieke liedjie.

Heel te mal anders as ander dae…heel te mal…voel ek die nag se kloue kom vir my…                                                                                                                                                                                 “Al wou mens al sou mens…is daar altyd iets wat in die pad kom staan…reg in die middel van die pad kom staan…”                                                                                                                                                                     “Kraakvars…jou das is jou harnas…dis die dat…jy saggies moet stap…                                                                                                                                                                                                  En wees net waar jy is…onder daai harde vel…sal jou mense jou mis…                                                                                                                                                                              En al wou ek..al sou ek..is daar altyd iets wat in die pad kom staan…dis altyd ek wat in my eie pad kom staan…”                                                                                                                                                                               “al die mense wat hier uithang maak my bang…”    

Hunter Kennedy...bekend vir sy diep treffende dodelike lirieke

Ek gryp selfsugtig na elke woord…en maak dit dadelik van toepassing op waar ek my tans op my lewensreis bevind…

Hee te mal anders as ander dae…heel te mal…voel ek die nag se kloue…voel ek die nag se kloue kom vir my…                                                                                                         
Mmm…som min of meer my current state of mind op…
Ek vat my nuwe ideal en droom om vir n sekere musiek kanaal te
werk…alles ek wat ek tans in die stryd gooi om daardie droom na te jaag…en ek kom tot die ontnugtering…dat…
ja…as ek mooi daaroor na dink…voel ek… Heel te MAL…Heel te MAL anders as ander
dae…come to think about it…is ek heel waarskynlik…Heel Te MAL…

Ek vat 5 en dink na oor die persepsies van baie van die siele in my lewe (sommige upfront, sommige geslote…agter gebakte hande) oor die verregaande dogter en haar verregaande drome…en dit voel vir my asof ek die nag in gegooi word…die gevaar van skerp gepunte kloue, wat my wil kom haal…altyd dreigend.                                                                               Kloue van twyfel; Twyfel in my eie vermoëns…die gevaar van teleurstelling…en die alomteenwoordigheid van glimlaggende gesigte, weggesteek agter simpatieke wenkbroue…wat hard probeer om nie te sê…I told you so…

Al wou mens al sou mens…is daar altyd iets wat
in die pad kom staan…reg in die middle van die pad kom staan…                                                                                                                                                        Relatief self explanatory
Eks ‘n navorser in Bloemfontein…met n 9-5 job…wat dag in en dag uit, vasgenaal sit voor ‘n rekenaar. Ek tik…lees…analiseer…verslae…op n daaglikse basis…statistieke my gevaarlikste wapen…die gekleurde voorblad bo-op die verslag…die ligpunt in n dag.                                                                                                                                                       Waar op moeder aarde, staan ek ‘n kwart kans om by ‘n industrie; waarvoor
ek so lief is, in te breek…                                                                                                                    Ek beskik oor die nodige dryf…passie en deurvoer vermoë, maar soms…net soms…voel dit asof daar altyd iets is wat in my pad kom staan…slap bang in die middel…en my visie en ideale kamofleer…

Kraakvars…jou das is jou harnas…dis die dat…jy saggies moet stap…En wees net waar jy is…onder daai harde vel…sal jou mense jou
mis…                                                                                                                                                      Story of my current state of affairs…dis egter nie ‘n das nie, (mind you, soms…dis immers n bold fashion statement), maar my perfekte hare en hake…clean cut navorser for
government, voorkoms wat my dag in en dag uit verwurg…wat my op n warm sink dak
plaas, waar ek ongesiens, saggies die brandende
gloed op my voete moet igroneer…om effektief en professioneel ;soos
betaam word van iemand in my posisie; op te tree.                                                                     Die gevaar IS daar…dat mens so vasgevang kan word in die realiteit van
jou omstandighede…die grootmens…werkende speletjie…dat jy jouself onder n harde vel kan verloor…dat ek die ware blomme, kunsinnige dogter…en alles wat my..SUNE maak kan misplaas en van vergeet.                                                                                                                 Wat n tragedie sal dit net nie wees nie…want… let me tell you…navorser
Sune…ernstige…professionele Sune…realistiese en logiese Sune…swart op wit…zero
grys Sune…sy’s nie veel pret om meet te hang nie…                                                                                                                                                                           Om die griekse trgadedie te vermy…vind ek graag ontvlugting in my musiek…en socials waar ek die blommekind met al haar vraagtekens…isues…snaakse opinies en weird siening vrye teels kan gee…

En al wou ek..al sou ek..is daar altyd iets wat in die pad kom staan…dis altyd ek wat in my eie pad kom staan…                                                                                                                                                                Coming full circle…en dalk die belangrikste deel van die liedjie vir my op ‘n persoonlike vlak.                                                                                                                                                          As mens eers begin twyfel en wonder oor die normaliteit van jou lewe…die realiteit van
jou ideale…die potensiaal waaroor jy beskik…is dit wanneer JY in jou EIE pad
kom staan, en die moontlikhede van JOU bestaan verbloem. ’                                                   n  Mens is meer dikwels as nooit…SELF…die grootste hindernis in die skattejag na geluk.                                                                                                                                                       Ek weet dat ek al vir n groot deel van my eie jongmens lewe…daai groot hindernis op die brug tot eie geluk was…

Al die mense wat hier uithang maak my bang…                                                                                                                                                         Daar is min goed in die lewe wat my so bang maak…en uiters verwar…as stuksinnige mense om jou, wat vasgevang is in hulle tonnelvisie wêreld. Mense wat met toegeplakte oë deur die lewe gaan…te bang om hulleself oop te maak en bloot te stel vir nuwe ervarings…groter drome…veranderende ideale en ideologieë verandeing..PUNT…
Dis so maklik om in so wêreld vasgevang te word…dit trek jou in soos ’n
magneet…en word die norm…die maatstaf, waarmee jy jouself begin meet…alles wat
anders is as n bepaalde way of life…manier van dink…is taboe…vir die voëls…en
van die bose…

Ek sit tevrede op my bank…en skud my eie blad
vir die goeie persoonlike uitleg van iemand anders se lewenservaring…iemand
anders se woorde…wat ek sopas in durasie van n enkele musiek video gedoen
het…                                                                                                                                                                 And there it is…anders as normal mense…wat net tevrede kan gan slaap…begin ek nog verder dink…

Hierdie wonderlike ervaring wat ek sopas in 5 minute gehad het, en selfsugtig van toepassing op myself gemaak het…is die worstellende kwessies van iemand anders…die ouens in die groep verantwoordelik vir die skryf van hierdie lirieke. Die persoonlike betekenis  wat ek sopas aan die lirieke van hierdie
liedjie geheg het…is heel moontlik glad nie so bedoel…of persoonlik ervaar deur
die manne wat dit geskryf het nie.
Ek kry opnuut n oorweldigende gevoel van respek…dankbaarheid en
simpatie…vir die mense verantwoordelik vir die skryf van die liedjie…wat ek
soos n vinnige terapie sessie op myself toegepas het.                                                                                                                                                           Om jou eie persoonlike kwessies te neem…mooi te vewoord…en oop te maak aan n publiek; om self te interpreteer…is uiters UITERS braaf. Die gevaar van misinterpretasie,
van dit wat jy eindlik bedoel, is nie die enigste kwessie nie.                                               Hoeveel mense verloor hulleself in die verslawende ritme van die melodie…en die opwinding van die optredes van n ikoniese groep…waarop driekwart van die vroulike spesie hulle harte verloor het…met die betekenis van die woorde wat HeelTeMal by die venster uit val.
Met live shows …sing duisende mense soos een koor agter jou na…oor
JOU gevoelens en ervarings…JOU issues en demone, sonder om werklik vir n
oomblik te gaan nadink oor die boodskap wat JY uitstuur.

Terwyl ek die laatse sinnetjie wat ek sopas getik het binne myself debateer, dink ek
terug aan ‘n geprek wat ek onlangs met n vriendin gehad het oor n liedjie
waaroor beide van ons gaande was. Sy’t aangegaan oor die beat
en die ritme…die kitaar solo ens…toe ek begin uitbrei  oor hoe mooi die woorde vir my was, en wat dit vir op n persoonlike vlak beteken het.
Haar reaksie het dit wat ek…nou; in ‘n paar sinnetjies boontoe kwyt
geraak het…gesolidify;
“Haai weet jy…ekt nog nooit regtig so intens na die woorde geluister
nie…maar ek gaan dit sommer nou Google en lees…”

So…in hierdie post, wil ek Die Heuwels spesifiek
bedank…vir die eerlike opregte lirieke waarmee hulle ons bedien. Lirieke wat
baie vir enige luisteraar kan beteken…MITS ons, ons ore oopmaak…en verby die
melodie kyk, om na die woorde te luister. Dankie vir die vinnige terapie sessie
wat ek na afloop van elke Heuwels sessie kan meemaak…dit spaar mens
tonne…sielkundiges is immers overpriced

Ekt onlangs n tweet op Twitter raak gelees, van n siel wat afpak oor die commercial paadjie wat  die Heuwels ;volgens hom; gekies het. Hy brandmerk hulle ook; onder andere as; “sell outs”.  
Vir knape soos die, wil ek graag se…gaan spuit jou ore uit…en skaf
vir jou n bril aan…want die manne pen steeds die eerlike opregte…soms rou en
penetrerende woorde neer…wat ons van dag een via  pille vir kersfees,
aangegryp het. Hulle roem en massa optredes…pryse wat ontvang is…tydskrif
artikels…en koerant berigte…beteken nie dat hulle commercial gegaan het nie…dit beteken slegs…dat hulle eindelik die lof toekom wat hulle verdien…gun dit vir hulle.

Die Heuwels...absoluut Fantasties...tydens Aardklop 2011

Aan my mede musiek aanhangers wat hierdie post lees…wil ek vra:                                           Wanneer laas het jy werklik gaan sit en luister na die musiek wat oor jou ipod blêr?                                                                                                                                               Wanneer laas het jy die lirieke agter n mooi melodie…werklik  ingeneem, en nagedink oor dit wat deur die bepaalde skrywer bedoel en ervaar is. (Bygesê…hier praat ek nie van die
belaglike true commercial snert…wat ons oordromme verstop agter doef doefs en
goed gerehearsde pelvis thrust dans bewegins nie….ek praat van die materiaal
wat die ware muso’s in ons industrie produce.)

Voor jy volgende keer  instinktief die woorde van n liedjie begin
na-sing…doen jouself…en die kunstenaar verantwoordelik vir die skryf daarvan,
die guns…om te LUISTER…na dit wat gesing word.                                                                                                                                                                Dit kan werklik soos ‘n vinnige
free terapie sessie wees…en dit kan jou, soos vir my, die inspirasie gee,
om iets nuuts aan te pak…’n kopskuif te maak…perskeptief te kry…’n verandering
te kontempleer…

(Hierdie post handel oor n spesifieke ervaring wat ek gehad het, na afloop van die heuwels se video…wat letterlik my hare terug geblaas het…dis om hierdie rede dat die post spesifiek op hulle gemik is. Hulle is egter nie die enigste band wie se self-gebaseerde lirieke ons lewens verryk nie…en my dank…en respek…gaan ook aan al die ander bands en kunstenaars…wat hulle blootstel en oop maak …om sodoende ons lewens op n spesiale manier  aanraak)

Goeie week en all around good vibes vir almal…

One Response to “Heel Te MAL…te dankbaar vir goeie lirieke…”

  1. sunelia89 October 27, 2011 at 8:35 am #

    #Thatakwardmoment when you realise…jyt hopeloos te vinnig gepost…en daars hier en daar n foutjie…ek sal dit edit voor die einde van die dag…#Ammatureblogger

Leave a comment