Archive | December, 2011

No Dancing…Folk asseblief.

21 Dec
No Dancing : Rooihannesfotografie

No Dancing:

Musiek wat jou na ‘n ander dimensie sleep. Lirieke wat uniek en verfrissend is. Die klank vars; besonders suiwer.  Hulle bestempel hulle akoestiese folk sound as “beautifully haunting” – ‘n beskrywing wat die spyker 100% op die kop slaan. 

Hulle is No Dancing – ‘n besonderse duo van Potchefstroom, wat nog groot ripples in ons plaaslike musiek bedryf gaan maak.

Die duo bestaan uit Ciska Joubert-vocals en percussion-, en Henk Labuschagne -guitar en vocals.

Rooihannesfotografie

No Dancing - Rooihannesfotografie

Jy word heeltemal onkant betrap deur die mate van gesofistikeerdheid aan hulle klank. Dit is baie maklik om te vergeet dat jy nie na gesoute muso’s – sewe + jaar sterk in die bedryf – luister nie, maar na twee siele wat maar aan die opwindende begin van hul loopbaan staan. Dit is duidelik dat elke noot en elke woord, met groot sorg en presisie aanmekaar geweef is.

Hulle musiek is persoonlik en ‘n ware labour of love…’n stukkie siel wat vasgevang word in mikrofoon en band…daar om te deel met wie ook-al gewillig is om saam te luister.

Baie mense bestempel Folk– musiek, as iets wat nie net ‘n keuse in genre is nie,             maar ‘n ifestyle choice.                                                                                                                                                                                       Ek was nog nooit so seker van die waarde van hierdie stelling, soos die eerste keer toe ek blootgestel is aan dié twee se musiek nie. Hulle musiek skep ‘n duidelike beeld van wie Henk en Ciska is.…                                                                                                                          Deur hulle musiek vat hulle ‘n sielstog… en jy as luisterraar word gasvry saam gesleep.

Rooihannesfotografie

No Dancing - Rooihannesfotografie

                                                                                                                                                                                   Ek het No Dancing vir die eerste keer, tydens die onlangse Voetspoor fees ,                           in Bloemfontein sien optree.                                                                                                                                                        Ek was die MC by die akoestiese stage.                                                                                                                                                                       ‘n Stil Henk het die stage betree en toe hy die eerste noot gooi …was die gehoor onmiddelik in vervoering. Jy kon ‘n naald hoor val; oftewel om dit beter te skets…ek dink elke person kon elke noot kleurvol sien vorm. Toe Ciska bykom, was dit soos ‘n stukkie magic wat in die arena ontplof . Na hulle vertoning was die groepie mense in die akoestiese arena behoorlik meegevoer…en was die pragtige klanke van No Dancing die topic of discussion.                                                                                                                                                           Ek was na daardie een optrede,‘n onmiddelike fan…‘n vasberade ondersteuner.

Die goeie nuus vir No Dancing fans…die wat dit reeds weet…en die wat dit binne kort gaan uitvind, is dat die twee hard besig is om te record…en dat ‘n album skelm op die horison loer.

Ek kan nie wag nie!

Tot dan, kan jy hulle op Facebook volg om op hoogte te bly met shows en die vordering van hul album. Doen jouself ook die guns, en maak seker jy vang ‘n No Dancing optrede, wanneer hulle in jou omgewing kom gees gooi. In fact…tussen my en jou…al moet jy ‘n effense draai ry om een van hul optredes te kyk…dit is 100% die moeite werd.

Ek was voorbarig genoeg, om vir Ciska met ‘n paar vrae te pla… en sy was awesome genoeg om hulle te beantwoord.                                                                                                                                                                                      Dit skets vir ons ‘n lekker No Dancing prentjie…                                                                                                                                             Ciska se verfrissende uitkyk op die lewe en musiek… vul ‘n mens opnuut met nuwe respek en waardering vir die tog wat die tweetjies aandurf.  Dit staaf die eerlikheid van die lirieke… en jy weet net dat dit wat jy daar hoor opreg is.

So…without further ado…hier is my mini- internet- onderhoud met Ciska Joubert van No Dancing.…

Suné:  Vertel my bietjie meer van jouself…

Ciska: Ek is ‘n dromer, ‘n siel opsoek na groter dinge, ‘n onrustige liefde vir musiek …en ek swot grafiese ontwerp op die PUK.

Suné: No Dancing in ‘n neutedop?

Ciska: “Haunting and beautiful.”

Suné: Hoe sal jy No Dancing se sound klassifiseer?

Ciska: Eerlik,  – eenvoudig deur die ore van  dromers en groot verbeeldings!

Suné:  Enige bands of musikante wat julle klank en styl beïnvloed?

Ciska: Sjoe…daar is baie; as ek iemand nie gaan noem nie, gaan dit ‘n onreg wees.

Suné: Gee my bietjie ‘n blik op jul liedjie skryf- proses…                                                                                                                                               Wie is verantwoordelik vir die skryf van lirieke…die skryf van die musiek, ens?

Ciska: Dit is ‘n ewewig. Ek en Henk skryf saam, skryf apart en werk dan saam aan die liedjie of hy doen guitar en ek doen lyrics …of ek skryf en hy skryf.

Suné: Daar is iets anders en uniek aan julle musiek…                                        Julle lirieke en melodieë is iets besonders en verfrissend…                                                                                                                                   Dit is kuns.                                                                                                                                                 Waar kom die kreatiewe inspirasie hiervoor vandaan?

Ciska: Dis nie ‘n duidelike plek nie – dis van binne af. Dinge wat met jou gebeur. Klink so “cheezy“as ek dit sê. Dis cheezy as ek cheezy sê.

Suné: Julle is druk besig met die produksie van jul eerste CD… super exciting stuff…                                                                                                                                         Hoe gaan dit daarmee?                                                                                                                                              Wanneer beoog julle die release?                                                                                                                                                          Wat kan ons te wagte wees?

Ciska: Ons het bietjie in Stellenbosch gaan record. Daar is iemand wat tans werk daaraan. Dis ‘n proses, maar dis aan die gang. Nog nie seker van ‘n vaste datum nie.

Suné: Wat inspireer jou?…En hier praat ek nie noodwendig van iets musikaal nie.

Ciska: Aander mense; situasies waarin jy jouself bevind; dinge wat met jou gebeur, en dinge wat jy wil hê moet gebeur.

Suné: Watter aspekte van ons land maak jou trots?

Ciska: Die natuurskoon; en die feit dat ons nog talentvolle mense het…en vriendelikke mense! Ek hou van vriendelikke mense!

Suné: In tye wanneer dit moeilik gaan… wat motiveer jou om deur te druk en aan te hou?

Ciska: Mense vir wie ek lief is, musiek, en al die klein goed wat mens miskyk, veral as dit sleg gaan.

Suné: Toer julle baie… is daar baie show’s en feeste waar julle speel?                                                                                                                                                          Is daar reeds ‘n groot aanvraag na julle musiek?

Ciska: Ons het al ‘n paar shows gespeel, soos Sexy Nwanedzi, Emoya Voetspoor, verskeie in Bloem, Potch, Joburg , PTA en Clarens. Almal was suksesvol en lekker gewees. Op die oomblik is dit rustig. Vakansie!

Sune: Die folk musiek vlammetjie brand deesdae besonders sterk in SA met meer en meer kunstenaars wat hulle na ‘n akoestiese folk klank wend.                                                                                                                                                                 Stem jy saam?                                                                                                             

Ciska: Folk is nog altyd daar; dit was een van die eerste tipes musiek na my mening. Dis eerlik en vertel van die lewe. Ek stem saam dat dit nou vlam vat, maar in my oë is dit nie ‘n trend nie – ons maak musiek. Dis wat uit ons harte kom en ons probeer eerlik wees. As mense daarvan hou en dit sien as ‘n vlammetjie, maak dit my opgewonde. Suid- Aafrika kort meer folk musiek!

Sune: Wat lê voor vir No Dancing?         

Ciska: Nog baie jare van musiek maak… En dalk ‘n deurbraak na die internasionale mark. Ons moet SA op die map sit; No Dancing ook.

Sune: Ons musiekbedryf bars letterlik uit sy nate… mens sukkel om by te bly met nuwe bands en kunstenaars wat daagliks uitpop.                                                                                                                                                Dis awesome… maar ongelukkig beteken die kompeterende aard van die bedryf dat baie bands en muso’s niks meers as one hit…one EP…one CD wonders word nie.                                                                                                                 Wat gaan No Dancing die uitsondering hierop maak?

Ciska: Ons fans! En die manier waarop ons dink.

Sune: Speaking of…Potch is soos die nuwe Belville…ek het lank al ophou tel hoeveel quality bands en muso’s Potch based is…                                                                                                                                                         My vraag… wat is in Potch se water…en hoe kan ek dit bottel en versprei?!

Ciska: Baie kalk. Weet nie of dit te doen het met iets nie. Haha. Henk is nou in PTA so ek dink dis ‘n fusion van inspirations en “tap water”. Maar ek dink, dis ‘n klein dorpie – so jy moet groot drome hê om iewers te kom. Miskien is dit die rede.

Sune: Daar’s altyd iewers in die tipe onderhoude een van daardie inappropriate vrae…so hiers myne…                                                                                                                                                                           Is julle ‘n couple…of net vriende?

Ciska: Haha…ons is net vriende!

 Sune: Enige raad vir jong aspiring muso’s?

Ciska: Moenie terug hou nie – gaan vir dit!

Trivial inligting:

S: Favourite band?

C: Kings of Leon

S: Favourite Movie Quote:

C: ” Dale, no power tools!”

S: Favourite series?

C: Weeds

S:Favourite take out?

C: Micky D’s!

S: Favourite drink?

C: Jack Daniel’s en Cola, of iets berry. Mmmmm….

S: Favourite Kuierplek?

C: Sal maar Mystic Boer wees in Potch 🙂

S:Gunsteling sê-ding?

C:  “In order to be irreplaceable, one must be different.”

S: Celebrity crush?

C: Julian Cassablancas

S: Tried and Tested Pick up line…

(kom nou Ciska…ons girls het ook ’ n paar slim lines )   

Ciska: Haha….ehm…weet nie of mens dit kan publiseer nie,  – die wat ek al gehoor het…haha

S: As ek super powers kon kry…sou ek wat wou gehad het?     

C: Teleportation

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Die Verspotte Harlekyn…

6 Dec

Die verspotte Harlekyn

N hubly en n goeie glas rooi wyn…

N gedruis van vriendskap…

musiek staan in vir die pyn…

Daars n helfte van my hart…hy het net verdwyn…

N leegheid wat bedoel is vir jou en my.

 

Ek wonder wie jy is en waar jy bly…

Is jy happy…is jy sad…hou jy ook van wyn…

Is jy sterk…is jy swak …of gly jy ook maar net verby…

Ek wonder…sien…want ek is steeds aleen…die verspotte harlekyn.

 

Kyk jy soms ook na die sterre en dink aan my…

Staar na gesigte in die swerms en soek vir my…

Is die plek tussen jou vinngers nou koud en skurf…

Voel jy ook soms sonder durf…die verspotte harlekyn.

 

Saam vorm ons n prentjie ek en my wyn…

Van wie jy is en hoe jy dink…hoe jy ook voel oor my

Van ons eerste date..ons eerste soen…ons eerste somer maanskyn…

Ek wag op jou my verlore harlekyn.

 

Is daar iemand wat na jou kyk terwyl jy wag op my…

Wat as Sy my plek permanent inwurm langs jou sy…

…Jy sporadies vergeet van jou soekke na jou vespotte harlekyn…

Wat as ek jou iewers reeds laat glip…laat gly…

Dan bly ek lewenslank aleen…die verspotte Harlekyn…

Lewenslank aleen…

Die verspotte Harlekyn…