Tag Archives: Tassenberg

Mystic Diaries – Volume 1…

13 Feb

Mystic Diaries …volume 1.

Die Tuindwergies gooi gees Vrydag aand in Mystic Boer Bloemfontein - Danya Botha

Vrydag aand het die ketel behoorlik in Mystic Boer, Bloemfontein, met die viering van Tassenberg se 75ste bestaansjaar oorgekook.                                                                                                                                                                Die opgewonde, lekker vibed mystic kinders het lekker kop geskud saam met Die Tuindwergies, heerlik gedans saam met die local heroes, Oros in ‘n lang Glas en goed diep geraak onder leiding van die pragtige siel-strelende klanke van Naas Veld.

Naas Veld, Shandor Potgieter (Oros in n lang Glas) en Pieter de Jager (Die Tuindwergies) Vrydag aand in Mystic Boer Bloemfontein - Danya Botha

Naas wat eerste aan die beurt was, het almal met die diepte en emosie van sy blues/folk klank onkant gevang. Monde het oopgehang , en meisies het by flou-val gedraai elke keer wat hy sy pragtige blou oë in hul rigting geflits het.

Naas Veld steel harte - Danya Botha

Die local heroes, Oros in ‘n Lang Glas, het bewys hoekom hulle so ‘n groot aanhang onder die  Bloemfontein skare geniet, en hoekom hulle die land nog behoorlik op horings gaan neem. Die sjarmante hoofsanger, Shandor Potgieter, het letterlik elke mystic kind aan die dans gehad.                                                                                                                                                                    Groot dinge is aan die gebeur met dié groep.

Oros in n Lang Glas se frontman, kry almal aan die dans - Danya Botha

Die oorspronklike Kopskudkinders van Pretoria – Die Tuindwergies – het die partytjie na die volgende level geneem, en die skare het gretig elke liedjie saam gesing. Die vibe wat die ouens skep is enig in sy soort. Hulle is plat op die aarde… en elke liedjie is met ‘n wonderlike mate van opregtheid en gees gesing.

Pieter De Jager oorval die skare met die Tuindwergie Vibe

(Ek was bevooreg om hulle voor die tyd te vang vir ‘n vinnige onderhoud… en die stukkie sal binnekort in julle rigting gegooi word)

‘n Groot dankie moet hier dadelik gegooi word in die rigting van DPK, Tassenberg, Die Tuindwergies, Naas Veld, Oros in ‘n Lang Glas en Mystic Boer Bloemfontein, vir die wonderlike gees belaaide partytjie

Die partytjie het egter nie daar gestop nie. Mystic het weereens bewys hoekom dit so ‘n geliefde kuierplek in Bloemfontein is, en hoekom elke kunstenaar wat Bloem betree, draaie ry, en planne skuif om ‘n kuiertjie daar mee te maak. Met groepies wat voor              – buite  – sit en kuier… groepies wat mekaar aandurf om ‘n foozeball tafel… groepies wat kop-skud op die beste kombinasie musiek wat jy voor kan vra… en groepies wat buite onder- dak sit en diep raak oor menigte hubbly’s wat die swart lug blou maak… Mystic het weereens aan my bewys hoekom almal daar welkom voel, en hoekom menigte mystic kinders sonder skroom, dit hulle tweede huis noem.

Mystic Kinders geniet n stukkie egte Mystic Gees

Daar is ‘n nuwe ou vibe weer aan die broei in die geliefde Boer, met ou en nuwe mystic kinder wat mekaar vind, en tou-wys maak in ou en nuwe lewenslesse. As jy nog nie ‘n mystic kind is nie, maak ‘n draai en kom kyk wat skud. As jy nog nie heeltemal oorgehaal is nie, hou die nuwe reeks blogs en stukke wat ek gaan doen oor die geliefde Boer in Bloemfontein – Die Mystic Diaries – dop. Ek is seker die lekker mystic vibe sal jou wel oorrompel… en ek is dood seker ek sal jou een of ander tyd, rondom ‘n hubly buite onder- dak, ontmoet vir ‘n lekker kuier.

Mystic 100% goeie tye…GEES.