Tag Archives: Rofstoeigreep

Die Heuwels in ’n Rofstoeigreep en ’n SkoleJAM!

26 Mar

Stefanus Rabie en Rodeo Productions het netjies saamgewerk om ‘n wenner van die nuwe Heuwels Fantasties video te maak.

JAck Parow release form 1

Die video vir Rofstoeigreep is my gunsteling Heuwels video tot op hede.

Hunter Kennedy het die volgende te sê oor die nuwe video:

“Die aanvanklike idee was om die intro van die 90’s TV-reeks Tropical Heat na te boots. Phillip lyk nes daai ou! Maar ons het maar net ‘n lekker tyd gehad op die ou einde. Waterponies, Hobie Cats, Speedboats, Waterski, Seiljagte, Jeep jaag… Hierdie is die goed waarvoor ons lief is

Die video is in die Weskus by Oude Pos geskiet.

FredHUnterPhilPierre

Rofstoeigreep kry ‘n klassieke tong in kies video – Kyk en geniet hom nou!! 

http://www.youtube.com/watch?v=1bFrzDvJmPM

En in ander Heuwels Nuus.

Die Heuwels Fantasties, MK en Blackberry vertrek binnekort op die SKOLEJAM toer. Die toer gaan die Supergroep na 12 Skole regoor Suid – Afrika neem. Pierre Greeff sê: “Dit is ‘n wonderlike platform vir ons om ons musiek te neem na mense wat nog nie ons vertonings gesien het nie. Hierdie toer sou nie moontlik gewees het sonder borge soos MK en BlackBerry nie. Dit is wonderlik en toon hul verbintenis tot die Suid Afrikaanse musiek toneel en die land se jeug.”

SKOLEJAM TOER DATUMS:

18 April – Hardekool Akademie, Ellisras

19 April – Hoërskool Rustenburg, Rustenburg

30 April – Grey College, Bloemfontein

1 Mei – Merriespruit Laerskool, Virginia

2 Mei – Laerskool A.G Visser, Heidelberg

3 Mei – Kriel Hoërskool, Kriel

4 Mei – Hoërskool Delmas, Delmas

6 Mei – Hoërskool Vredendal, Vredendal

7 Mei – Hoërskool Vredenburg, Vredenburg

8 Mei – Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch

9 Mei – Parel Vallei Hoërskool, Somerset Wes

10 Mei – Hoërskool Punt, Mosselbaai

Twitter: @DieHeuwels

Facebook: http://www.faceook.com/dieheuwels