Tag Archives: Fred van Leeuwen

Update: Van Coke Kartel.

16 Apr

VAN-COKE-KARTEL-&-RELIGION-PANORAMIC_FINAL_SQUARE_-_Fred_Van_Leeuwen

Van Coke Kartel het in November 2012 hulle half dekade bestaan gevier. Saam met Jägermeister, Monster Energy en Music Connection het hulle die land se grense maak bewe  deur  hulle feesvieringe in die vorm van n Halwe Dekade Toer na VCK aanhangers landswyd te neem.

Die manne het van die eerste VCK noot af, hulle stemme dik gemaak as een van die land se voorste musiek forste. Menigte toekennings en nominasies beklemtoon b.g. as n feit. Met vyf jaar se stewige sukses agter hulle naam, gaan dit deesdae beter as ooit met die manne van dié kartel.

Die manne het hulle half dekade toer met die hulp van befaamde Fotograaf en videograaf, Fred van Leeuwen van The Image Engineer, op band en film verewig. Fred, n vreeslose aanhanger van die groep, spandeer sy tyd deur dokumentêre films vir musikante, musiekfeeste asook konserte te maak. Hy was die perfekte kandidaat vir die taak en het daarin geslaag om die intieme, agter-die-skerms perspektief van die manne se lewe op die pad weer te gee.  

Hierdie ervaring is opgesom met ‘n visuele dagboek: Halwe Dekade Tour Pics, ‘n kort film: Halwe Dekade Tour Video en die offisiële musiekvideo vir Dankie, Ek is Veilig Hier.

Als is opgeneem deur gebruik te maak van ‘n Canon 5D Mark II met addisionele stabilisering toerusting geborg deur PhotoHire Kaapstad.

Kyk die video vir Dankie, Ek is Veilig Hierhttp://www.youtube.com/watch?v=M_HVxZ09i10

Ingeval jy dit gemis het…

Van Coke Kartel het tydens die jaarlikse MK Toekennings, weggestap met drie van die vier toekennings waarvoor hulle genomineer was.

Die kartel is individueel aangewys as MK se eerste Superband. ISO se Alex parker, was die Superband se wildcard toevoeging.

Die groep is tans besig om aan nuwe material te werk wat teen einde September 2013 vrygestel gaan word.

VAN COKE KARTEL – Duba Bike Toer 2013  (28 April 2013 – 31 Mei 2013)

Dié onbesliste toer meesters is gereed om weereens rubber op teer te plak. Einde April skop Van Coke Kartel ‘n 12-datum nasionale toer af.

Jägermeister, Monster Energy en Music Connection bied aan Duba Bike Toer. Die toer sal in Pretoria begin by die Voortrekker Monument, waar Van Coke Kartel die verhoog sal deel met Holiday Murray, City Bowl Mizers, Suburban Saints en Sons of Settlers.  Die Toer eindig in die groep se tuisdorp, Kaapstad, by Mercury Live op 31 Mei 2013.

Duba BikeToer Skedule:

28 April  – Park Acoustics, Voortrekker Monument, Eeufees weg

30 April  – Rockabillys, Edenvale

1 Mei  – Aandklas Pretoria, Hatfield Square

2 Mei  – Betego’s Night Club, Benoni

3 Mei  – Stones, Centurion

4 Mei  – Arcade Empire, Equestria

7 Mei  – Café Barcelona, Pretoria

8 Mei  – Barnyard Vereeniging

9 Mei  – Memphis Rock, Potchefstroom

10 Mei  – Gig tyd, Boksburg

11 Mei  – Blue Moon, Nelspruit

31 Mei  – Mercury Live, Kaapstad

Die Kartel sal in Junie die ons land se grense verlaat, om die Nederlanders n les in rock ‘n roll te gaan gee, met hulle Afrikaans Verower Harte: The Netherlands 2013 Tour

Datums: Afrikaans Verower Harte: The Netherlands 2013 Tour.

13 Junie – Melkweg, Amsterdam

15 Junie – Spot, Middelburg

20 Junie – Paard Van Troje, Den Haag

21 Junie – Victorie, Alkmaar

22 Junie – Poppodium Underground, Lelystad

Gryp gou jou dagboek en pen neer die res van die Kartel gigs tot en met einde September.

Van Coke Kartel se gigs tot Septemter 2013:

20 April 2013 – Aandklas Stellenbosch

26 April 2013 – Dolosfees, Richardsbaai

7 Junie 2013 – Berties Mooring, Gordon’s Bay (acoustic)

29 Junie 2013 – MK Kliphard, Nelspruit

5 Julie 2013 – Dizzy’s, Camps Bay (acoustic)

12 Julie 2013 – Dorpstraat Teater, Stellenbosch (acoustic)

13 Julie 2013 – Die Boer, Durbanville (acoustic)

17 Julie 2013 – Rumours Lounge, Weltevreden Park

18 Julie 2013 – Aandklas Pretoria, Hatfield Square (acoustic)

19 Julie 2013 – Tin Cups, Witbank

20 Julie 2013 – Liedjieboer, Midrand

24 Julie 2013 – Arcade Empire, Equestria (acoustic)

25 Julie 2013 – Memphis Rock, Potchefstroom (acoustic)

26 Julie 2013 – Wolmer Bush Lounge, Pretoria North

30 Augustus 2013 – Red Ruby, Fochville

31 Augustus 2013 – Lentelawaai, Pretoria

14 September 2013 – Sing Tot Ek Hoor (Charity), Secunda Stadium

27 September 2013, Wie’s Baden, Bloemfontein

28 September 2013 – Memphis Rock, Potchefstroom

SKAKELS:

Amptelike webtuiste: http://www.vancokekartel.co.za

Facebook:http://www.facebook.com/vancokekartel

Band Blog: http://www.vancokekartel.co.za/dftwr

Musiekvideos: http://www.vimeo.com/vancokekartel/videos

Musiek: http://www.vancokekartel.co.za/hifi 

Fotos: http://www.vancokekartel.co.za/photos/press-shots

Foto: Fred van Leeuwen

Advertisements