Vir Die Volkslied, die derde video af die Heuwel se Alles wat Mal Is, het Simon Barnard en Wim Steytler kragte saamgespan om die video vir die lied te ontwikkel en verfilm. Willie Nel, een van die land se voorste kameramanne, het die fotografie behartig.
Die video is in die Noorde van Pretoria geskiet en ondersoek ‘n baie spesifieke subkultuur wat deel van daardie wêreld uit maak.
Oor die video sê Simon Barnard: “Dit is ‘n baie dubbelsinnige stuk werk – karige lewensomstandighede maar gelukkige mense. Die uniekheid van die video lê grootliks in die eerlikheid daarvan”.
Kyk die Volkslied hier:
In ander Heuwels Nuus, word die groep se live DVD, Live op Paul Cluver, môre vrygestel.
Die DVD is verfilm by die Bloekombos Amfiteater op die Paul Cluver landgoed.
Volgens Pierre Greeff, wou die groep lank reeds daar speel en toe die geleentheid om daar te speel vorendag kom, het die groep nie twee keer gedink nie.
Oor die DVD se Pierre: “Die wonderlike ding van die DVD is dat dit ons katalogus van liedjies op hierdie stadium ordentlik bymekaar bring.”
Kom in kontak:
Facebook: www.faceook.com/dieheuwels
Lees ook meer oor die uiters suksesvolle Skolejam toer : http://mk.dstv.com/category/shows/blackberry-skolejam/
Fotos Volkslied: Willie Nel
Foto: Paul Cluver DVD: Jaco S Venter